En toe gebeur dit.

Ja, glo dit of nie… ek is terug. Na omswerwinge te wyd en te wild om ooit in hierdie teks te beskryf, het ek die weg terug na my eie blog gevind.
Nou moet julle pasop.
12 comments February 18, 2007
Planet Earth
Loshande die mees ongelooflike, mees skouspelagtige en mees stylvolle dokumentêre natuurreeks wat ek nog gesien het. David Attenborough (narrator) en die res van die Planet Earth span bied oor die bestek van 5 DVD’s (wat in episode-formaat op BBC uitgesaai is) ‘n omvattende kyk na die planeet waarop ons leef.
Die BBC se finansiële bydrae is duidelik sigbaar in die gehalte van die beeldmateriaal. In die insiggewende “Diaries” insetsels, wat basies making-of documentaries is, kan mens ook duidelik sien dat die produksie begroting voorsiening gemaak het vir oorgenoeg toerusting-, reis- en salaris-kostes.
Die kyker kry ‘n fasinerende kykie na al die uithoeke van ons planeet… van woestyne tot reënwoude, grotte tot koraalriwwe… en yslandskappe, en berge, en die diepe oseaan… you get the idea.
Planet Earth is voorwaar ‘n mylpaal in natuurfotografie wat meeste ander pogings op National Geographic taamlik power laat lyk, en ek dink die 5-disc box set sal pragtig op my rak lyk.
10/10.
2 comments January 9, 2007
Ratatouille

So op die noot van animasie-films… die konings van animasie, Pixar Studios, se nuwe (waarskynlike) meesterstuk is getiteld Ratatouille (“Rat-a-too-ee” soos hulle op hul site verduidelik). Dit word 29 Junie 2007 internasionaal vrygestel, en ek sien voorwaar uit!
Plot Summary:
Pixar, the creators of “Finding Nemo,” “The Incredibles” and “Cars” now cook up “Ratatouille,” a delicious new animated-adventure centering on an ambitious French Rat named Remy who dreams of becoming a great chef. Because of his passion for cooking, Remy accidentally uproots his family from the French countryside to the sewers of Paris, and finds himself ideally situated beneath a restaurant made famous by his culinary hero, Auguste Gusteau. When Remy helps create a soup that wins rave reviews from the world’s most powerful food critic, he sets in motion a hilarious and exciting rat race that wreaks havoc on the entire city, allowing him to achieve the impossible and pursue his true gift. The screenplay, written by Academy Award-winning Brad Bird (“The Incredibles”), is flavored with a colorful cast of characters and exquisite French backdrops making “Ratatouille” a tantalizing recipe of imaginative fun and unexpected delight.
Voorlopige images wys dat Pixar weereens besig is om animasie na ‘n nuwe vlak te neem…

3 comments December 8, 2006
Happy Feet
Happy Feet het my werklik teleurgestel. Dis regtig sif as moviemakers die hele fliek se hoogtepunte in die trailer moet sit om seker te maak dat die bioskope vol is. Die gevolg is dat niksvermoedende filmliefhebbers (soos ek nou) in good faith ‘n kaartjie aanskaf (eintlik dink ek ek skuld nog vir die Denéle die geld vir die kaartjie, hehe!), met die hoop op ‘n goeie kykervaring. Toe nou nie.
Die bewaringsboodskap is suksesvol, en ek reken dit maak darem dat Happy Feet nie met iets soos Pixar se The Incredibles, Finding Nemo of Cars probeer kompeteer nie. Dit sou ‘n uiters swak idee wees. Die stemme is interessant, en daar is oomblikke van goeie animasie, maar die mense van Pixar se kreatiwiteit skop eenvoudig net Dreamworks se gat. Die karakterisasie was ook ietwat teleurstellend… selfs Shark Tale was baie beter in daardie opsig.
As jy op dieselfde aand tussen Happy Feet en Casino Royale moet kies, wel daar is net een wenner. 007. 5/10
1 comment December 8, 2006
Casino Royale
Ek moet eers bieg en erken dat dit die eerste Bond-movie is wat ek kyk, en dus kan enige “vergelyking” wat ek met vorige Bond-movies tref, seker maar afgelag word… Ek comment maar op wat ek by ander mense gehoor het en my buitestaandersindruk ook is. Ek het darem al meeste van Ian Fleming se boeke gelees though, so ek reken darem my opinie is nie totaal nietig nie.
Casino Royale is goed. Baie goed. Die opening sequence blaas jou heeltemal weg en ek het dadelik besef dat ek hier vir iets buitengewoon voortreflik moet gereed maak. Daniel Craig speel regtig baie goed… Hy gee aan 007 presies die gevoel wat ek uit die boeke gekry het – macho, slick, roekeloos en taai. Nog nie vir Pierce Brosnan as Bond gesien nie, maar ek reken hy’s te pretty-boy om dit reg te doen… en sy borshare gaan die kamera se lens vol waai. Eva Green is verskriklik hot, en speel self nie te sleg nie.
Ek is altyd baie bly as ‘n movie my kan uitvang – ek is altyd meer as bereid om gefool te word. Ek stel baie in die filmbedryf belang, en dus verstaan ek dat dit is wat die skrywers probeer doen. Dit is dus vir my sinneloos om met ‘n kritiese bril in die fliek te gaan sit en te probeer raai wat gaan gebeur. Dus het ek Casino Royale se onvermydelike twist ook baie geniet.
Van wat ek verneem was vorige Bond-movies oorlaai met onrealistiese gadgetry. Casino Royale feature net die wêreld se kragtigste selfoon (note die rotasie van die 3D-model op die screen!), en die tegnologie pla nie te veel nie.
Hot intro, goeie aksie, baie goeie uitbeelding van die boek… overall ‘n wenner! 9/10
O ja, en ek was baie dankbaar dat ek so 6 maande gelede myself leer poker speel het!
5 comments December 7, 2006
A History Of Violence
Ek dreig nou al so lank om A History Of Violence te kyk, maar my kykgenote was nog elke keer onwillig
Ek besluit toe maar die ander aand (toe ek moeg “geswot” is vir my her) dat dit sulke tyd is.
Dis regtig flippen goed. Viggo Mortensen wys dat hy meer as net Aragorn kan wees. Hy het nogals die vermoë om ‘n diep en mysterious karakter goed te speel – ek het regtig ‘n idee van sy pynvolle verlede gekry.
Die spanningsbou in die fliek is baie goed geskryf en die storie hou ook nie te lank aan nie. Te veel kere word ‘n verhaal onnodig uitgerek. 8/10
3 comments December 4, 2006
Imaginary Heroes
Imaginary Heroes is ‘n intense, ontstellende en emosionele film waarin veral die pragtige Sigourney Weaver ‘n baie goeie vertoning lewer.
Die film gaan oor die invloed van ‘n oudste broer se selfmoord op ‘n familie, en verskeie familielede wys mettertyd hul ware kleure. Soos altyd was ek maar nie pro die “gay” element wat later kop uitsteek nie, maar ek kan sien hoe dit funksioneel binne die konteks van die film is.
Ek sal Imaginary Heroes verseker aanbeveel vir ‘n aand waar jy nie oor-emosioneel voel nie, maar tog iets diep wil kyk. 7/10
Add comment December 4, 2006
MyMacBook

Daar is hy. Pragtig. Damnit!
Dis nou die laptoppie wat ek beoog om vroeg in Januarie vir my aan te skaf. Apple se nuwe MacBook. Kompak met ‘n met ‘n lekker helder skerm en ultra-hoë resolusie. Dis nou asof die styling nie al goed genoeg was nie!
Maar die nuwe MacBook gaan nie net oor mooigeit nie, hy’t krag ook – 2.0GHz Intel Core 2 Duo processor met 1GB RAM. Ek reken hy gaan bewEEg. Die feit dat die nuwe processors deur Intel vervaardig word, veroorsaak natuurlik ook dat Windows nou volkome op ‘n Mac ondersteun word. Die moontlike sagteware-issues (veral op ons Stellenbosch netwerk) is dus iets van die verlede. Ek verneem egter by betroubare bronne dat die bundled iLife pakket anyway so goed is dat sagteware nie regtig ‘n issue is nie.
Lank leef die Maties afslag deal op ZAStore!
1 comment December 2, 2006
Incubus – Light Grenades
Incubus se 5e album is waarskynlik hul mees afgeronde en beste tot dusver. ‘n Klank wat toeganklik is en vriendelik op die oor val, beteken in hierdie geval nie dat hulle ‘n kommersiële album uitgebring het en kunstigheid in die proses ingeboet het nie. Fischerspooner sê juis tereg in hulle The Cave dat dit ‘n kuns is om iets wat eksentriek is, toeganklik te maak.
Die album begin dromerig met Quicksand en ontplof in A Kiss To Send Us Off. Die derde track Dig, is vir my die hoogtepunt van die album en waarskynlik my gunsteling Incubus song ooit. Dit is dan juis ook in Dig waar hul “nuwe” klank na vore kom – dis nie so dig met guitars gelayer nie, wat vir die bass en percussion mooi kans gee om deur te kom.
Anna Molly is die eerste single vanaf die album en is ‘n baie cool track – lekker sterk met ‘n catchy chorus. Love Hurts herinner ietwat aan Dig, wat in my opinie ‘n goeie ding is. Light Grenades is vinniger en swaarder, en ek gaan nie juis moeite doen om hom alleen in my playlist te sit nie.
Earth To Bella Pt.1 het ‘n pragtige intro, en die swaarder dele later in die song pla darem nie te veel nie. Oil And Water is ook ‘n great song wat tot ‘n klimaks groei, en mooi na Diamonds And Coal oorvloei. Rogues is ietwat choppy, maar die guitars is damn goed gedoen, terwyl Paper Shoes ‘n ligter track met cool percussion is – daar is amper ‘n acoustic Mexican feel aan dele van die song. Pendelous Threads klink amper soos iets vanaf A Crow Left Of The Murder of selfs ouer, met Earth To Bella Pt.2 wat die album op ‘n quaint manier afsluit.
Die main ding wat my van Light Grenades tref, is die ligter en oper klank wat op van die tracks deurkom, en dis dan ook hierdies wat my gunstelinge is.
Verseker ‘n album waarna daar nog baie geluister gaan word. Ek wonder hoe lyk hul nuwe live setlists - ek dink iets soos Anna Molly en A Kiss To Send Us Off kan nogals skade maak.
2 comments December 2, 2006
Skoon bladsye en nuwe weë!
Soms gebeur iets wat ‘n suur nasmaak in mens se mond agterlaat. Jy wens dat jy dit wat gebeur het kon ongedaan kon maak. Daardie voorreg is mens gewoonlik nie beskore nie en ‘n waardige tweede prys is dan om van voor af op ‘n mooi skoon en nuwe bladsy te begin.
Dit is pretty much die storie van my studiejare tot dusver. Ek het met BIng E&E met RW begin… iets wat my 18-jarige self my oortuig het die regte ding vir my sou wees. Fout. En sommer ‘n grote. Nugter denke het na die eerste kwartaal van my derde jaar die oorhand gekry en ek het die prysenswaardige skuif na Bedryfsingenieurswese gemaak – iets waaroor ek tot vandag toe nog nie ‘n oomblik spyt was nie.

Die voorgraadse geraamtes het egter maar nog in die kas gebly, en ek het aanhou smag na die geleentheid om van voor af te begin en vir almal te wys waartoe ek weet ek in staat is. Ek het met my skripsie die geleentheid gekry om dit te doen, en ek dink ek het baie mense verras deur dit met onderskeiding te slaag. Die finalejaarsvakke het ook ‘n paar ligpunte opgelewer en ek het vir die eerste keer met vakke kennis gemaak wat actually interessant was. Ek het besef dat Projekbestuur en Ondernemingsontwerp my forte is, en bietjie die nagraadse moontlikhede ondersoek.
Die eindproduk van daardie proses was my voltooide aansoekvorm vir Magisterstudie, wat gistermiddag so 13:30 se kant by Mev. Amelia Uys ingehandig is.
Ek het kennis gemaak met ‘n opwindende nuwe byvoeging tot die Maties Bedryfs departement - Prof. Mellet Moll, of net Mellet soos hy daarop aangedring het ek hom moet noem. Ons het wyd gesels en sy radikale persoonlikheid en uitkyk op die lewe het ons vanaf die vermaaklikheidswêreld tot vergesigte van die toekoms gelei. Iewers het ‘n ou genaamd Herrie Vermeen ook in die prentjie gekom.
My nagraadse onderwerp is fasinerend: Navorsing na die ondernemingsvorm van môre, en ‘n roetekaart om ons binne Suid-Afrikaanse konteks daarby uit te bring. Dit kom basies daarop neer dat ek scenario beplanning en filosofie gaan kombineer om die moontlike omgewing waarbinne toekomstige ondernemings gaan funksioneer, te skets. Die lekker ding is dat dit my deur ‘n wye veld van onderwerpe gaan lei, aangesien die interafhanklikheid van alle aspekte van die wêreld waarin ons leef ‘n belangrike faktor in die resulterende omgewing is. Ekonomie, politiek, tegnologie, omgewingsake, ens. Dit gaan vrek interessant wees!
In kort, ek het my skoon nuwe bladsy gekry en ek is vasberade en opgewonde om hierdie keer ‘n gefokusde sukses van my studies te maak. Mens weet nooit hoe ver die akademiese paadjie geloop kan word nie.
Hierdie was dalk ‘n lang en vervelige post, maar ek hoop om oor die loop van die volgende 2 jaar gereelde nuus oor my vordering hier te deel.
17 comments December 2, 2006